Op die ouderdom van so om en by 2 jaar kry die kleuter-knaap sy heel eerste kitaartjie present en uitstaanspoor was dit waar sy voorliefde vir kitaarspeel indirek begin, benewens die feit dat hy opgroei in ‘n huis met Pa wat Charles Jacobie perfek namaak op sy eie kitaar, Ma wat ‘n geswore orrel junkie is en dan ewenwel die outentieke platespeler wat die huisgereeldelik met die musiek van Elvis vul.

In sy tienerjare leer Gian se pa hom 3 basiese drukke op sy kitaar sodat hy sy eersteliedjie “Suikerbossie” volmaak kan saamspeel. Min het hy hier besef dat dit die sleutel was van sy fenominale musiekloopbaan in die Afrikaanse musiekbedryf.

Hoekom, weet niemand tot vandag toe nie, maar na sy matriekjaar op Grabouw gaan studeer hy landbou en werk vir paar jaar na sy studies as pluimveeteler in die Swartland. Die hele geswot en gewerk spul is totaal irrelevant in sy lewe, aangesien die jonger Gian Groen veelste verslaaf is aan Rock en Roll om met hoenders te wil boer.

Gian Groen het sy loopbaan in die musiekbedryf in 1999 begin as liedjieskrywer en voorsanger van die eertydse rockgroep “Spinnekop”. Hierdie arachniese vierstuks het gehore regoor die land, veral studente, aan die “boogie” gehad met hul unieke vorm van boere rock en roll met treffers soos “Binneland In” en “Tiger en Louise”.

In 2000 stel “Spinnekop” hul eerste 6 snit EP getiteld, “Soet September” bekend en sowat twee jaar later hul eerste vollengte album getiteld, “GroenKitaar”wat deur die Beeld aangewys is as rock album van die jaar.

‘n Fenominale deurbraak in Gian Groen se musiekloopbaan vind plaas toe Laurika Rauch besluit het om Gian se “Vier Seisoene Kind” op te neem. Dit dien as aanspooring tot hoër hoogtes asook die skryf van talle nuweliedjies wat gereeld voortvloei uit sy kreatiewe pen. Hierna was daar talle versoeke deur bekendes waaronder Theuns Jordaan, Kurt Darren en Dozi om van Gian Groen se liedjies op te neem.

Gian se eerste solo album getiteld: “ Met die maan gepla” is in 2004 uitgereik en ‘n tweede een getiteld: “Lied van die Engele”, waarvan daar ook ‘n verhoogproduksie by KKNK te sien was, het in 2006 die lig gesien. Gian se laaste CD produksie,” Welkom in Somersburg”, is in 2008 vrygestel en die volgende een, “Stiltetyd” is pas voltooi.

Gian Groen vier van jaar sy 13de bestaansjaar as ‘n voltydse musikant. Met vyf CD prokuksies en nominasies as, onder andere, beste nuweling by 2003 se GMT en beste liedjieskrywer asook beste Afrikaanse rockalbum in 2005 en 2006 en twee herhaalde uitnodigings om op te tree by Huisgenoot Skouspel, is Gian Groen beslis ‘n gevestigde naam in die SA musiekbedryf. Hy is ‘n hoogs dinamiese kunstenaar wat vrylik rondbeweeg tussen ‘n verskeidenheid van genres en die aandag van oud en jonk kan trek.

Related Searches: gian groen blues band

Comments

Gian Groen
Bidvertiser - SkyScraper
Your IP address has been recorded as 44.200.210.43. Session reference acf7e373-ed19-11ee-96d0-ee8155e2f48c.